LifestyleLocal LifestyleLocal news

Vier die ma in jou lewe hierdie Moedersdag

Ma’s, oumas en selfs tannies van regoor die land gaan Sondag (12 Mei) bederf word wanneer Moedersdag gevier word. Die Pos het dié lesers gevra wat maak hul ma’s so besonders en geliefd.

Anneke Coetzer.

Anneke Coetzer:
My ma, Elize Coetzer, is ’n “one in a million” ma. Haar omgee-hart is vir my ’n voorbeeld van die ware liefde wat ’n mamma en ouma het. Niks is ooit te veel moeite vir haar nie. Sy is ’n Rut-vrou: hardwerkend, toegewyd en die beste ma wat enige kind voor kan vra. Ek is baie lief vir haar!

Cindy Jansen van Rensburg.

Cindy Jansen van Rensburg:
My ma, Rosa Pyper, bak die heel lekkerste melktert. Ek is ’n sterk vrou omdat ’n sterker vrou aan my geboorte gegee het. Sy bly staande en selfs wanneer die lewe net suurle-
moene gee, word daar limonade gemaak. Ek is baie lief vir my ma.

Janine Botha.

Janine Botha, ’n pleegouer vir ses kinders:
Ek het groot waardering vir my ma, Linda Botha. Sy was verseker vir my ’n voorbeeld wat my gewys het hoe om na ’n kroos van ses kinders om te sien. Sy het my grootgemaak om Jesus in my hart en lewe te hê en saam met Hom deur die lewe te loop. Sy het my geleer om vriendelik, saggeaard en toegewyd te wees. Sy is nie net beeldskoon van buite nie, maar haar innerlike skoonheid reflekteer God se onvoorwaardelike liefde!

Lindie Marx (regs) saam met haar ma, Elsie Horn.

Lindie Marx:
My ma, Elsie Horn, is nie net ’n moeder is nie, maar hul familie se steunpilaar. Sy is altyd net ’n oproep weg en altyd bereid om te help met enige iets waarmee ons hulp kort. Vir ’n beter mamma en ouma kon ons nie vra nie.

Christie Fourie, Dalene Vermaak en Adri Stoltz.

Christie Fourie:
My ma, Dalene Vermaak, is ’n ongelooflike sterk en selfstandige vrou. Op die ouderdom van 69 jaar ry sy alleen Pretoria toe en terug vir afsprake en besoeke. Sy’t ons geleer om selfstandig te wees en om selfvertroue te hê. Ook dat as jy iets gedoen wil hê, moet jy daarmee begin en leiding neem.

Adri Stoltz (Christie se sussie):
My ma is ‘n Speuke 31-vrou. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy dra ons deur swaar en moei-like tye. My ma is daagliks ons voorbeeld om volgens God se wil te lewe en sy wil te aanvaar.

Related Articles

Back to top button