Local newsMunicipalNews

Swaargelaaide trok beskadig pype

Gedurende die nag van Woensdag, 17 April, het ’n swaar voertuig, wat na bewering onwettig in Sutterweg, Bela-Bela geparkeer was, ernstige skade aangerig aan die infrastruktuur.

Die swaar gelaaide vragmotor wat van Harare in Zimbabwe afkomstig is, het in die straat voor Tahere Gangat, ’n plaaslike prokureur, se kantore stilgehou waar ’n waterpyp al geruime tyd lek en het tot by sy as in die modder vasgeval en in die proses die waterpyp gebreek. Dit het gelei tot water wat die straat afstroom en droë waterkrane vir talle huishoudings en sakeondernemings.

Duisende liters water het in die tydperk verlore gegaan.

Daar kon nie veel besonderhede van die voertuigbestuurder bekom word nie, behalwe dat hy sy werkgewer in Harare gekontak het, en dat hulle sou so gou moontlik pogings aanwend om die voertuig te verwyder. Die trok is hoog gelaai met ’n baie swaar vrag.

Die swaargelaaide trok het duisende rande se skade veroorsaak.

Die waterpyp in Sutterweg het einde Desember 2023 gebars, en sommige van die sakeondernemings in die straat het waterskade opgedoen. Die munisipaliteit het die waterpyp herstel en in die proses is die sypaadjie en padoppervlak omgedolwe. Daar is egter op daardie stadium net gevaar lint om die beskadigde oppervlak gespan en dit is so gelaat. Die beskadigde skouer van Sutterweg het dit moeilik gemaak vir sake-eienaars om naby hul persele te parkeer, en na verskeie navrae, versoeke, asook met die hulp van plaaslike politieke partye, het die munisipaliteit eers in Maart 2024 die opgebreekte teer en beton uit die pad verwyder en die gevaar lint is verwyder. Die pad oppervlak is egter nie herstel nie en is dit presies hier waar die vragmotor parkeer het.

Volgens sake-eienaars en inwoners wat in Sutterweg parkeer, is verkeerspolisie gereeld op patrollie in die omgewing, en word daar talle boetes uitgeskryf vir voertuie wat op laaisones, en voor ingange parkeer. Die versuim van die munisipaliteit om die skade aan die padoppervlak te herstel, het tot gevolg dat sake-eienaars se veiligheid bedreig word omdat hul ver van hul ondernemings moet parkeer.

Die grootste probleem is egter die swaar motorvoertuie wat na-ure die strate van Bela-Bela vol parkeer en hierdie voertuigbestuurders toon oor die algemeen weinig, of geen respek vir munisipale eiendom soos sypaadjies, plaveisel, verkeersligte en verkeerstekens nie. Die risiko dat daar skade aan ondergrondse pype aangerig kan word, skeel hul min. Die mangate op sypaadjies word ook deur hul stukkend getrap en hou ’n risiko vir voetgangers in.


Peter Moloto, the Communication manager of the Bela-Bela Municipality replied to Die Pos with the statement:

“I am currently consolidating all relevant information regarding this matter with the service delivery departments and will furnish you with an official statement upon finalization thereof.

I can however state that heavy vehicles parking in areas that are clearly marked and allocated for light vehicles remains a serious problem. The road signs clearly indicate that heavy vehicles are prohibited from parking there. These trucks cause serious problems to our infrastructure, especially in our main hall.

The municipality is currently addressing this problem with a no-tolerance attitude to drivers who do not adhere to road signs. Traffic officers will issue fines to discourage drivers from stopping there.

I must point out that there are currently no by-laws prohibiting heavy vehicles from parking in town, however, The National Road Traffic Act provides for what should happen in those instances, but the fact remains that they must obey municipal road signs.

We should not forget that some of the trucks are in town for deliveries.”


Die verkeersligte in Kretschmarlaan en in Chris Haniweg word ook gereeld deur nalatige vragmotorbestuurders beskadig. Die verkeersirkel onder in Chris Haniweg by die Rooiberg-pad, loop ook gereeld deur onder vragmotors wat nie hul draai daar kan kry nie en dan die pad versper. Dit wil blyk dat die verkeerspolisie nie teen die swaar voertuie optree wat onwettig in die dorp parkeer nie.

Aan die anderkant van die munt is dit ook waar dat Bela-Bela gewild is onder die lang afstand vragmotorbestuurders wat van Zimbabwe en Zambië na Gauteng reis, om te oornag omdat dit relatief veilig is vir hul en die kosbare vragte wat hul vervoer. Hulle koop ook kos en proviant by die plaaslike sakeondernemings aan.

Hierdie voorval het nou weer twee kommerwekkende tendense in die dorp benadruk. In die eerste plek moet daar voorsiening gemaak word vir die vragmotors om buite die dorp waar hul nie infrastruktuur kan beskadig, veilige staanplek te bekom en die tweede saak wat elkeen in die dorp raak, is dat die munisipaliteit nie dadelik reageer op gebreke nie. Hul wil laslappiewerk doen en dit lei dan tot groter probleme wat teen hoër koste herstel moet word. In die proses word belastingbetalers se dienste in gedrang gebring.

Die swaar voertuig kon eers teen Vrydagmiddag, 19 April uitgesleep word. Die span van Limpopo Auto in Modimolle het onder luide toejuiging van ’n skare omstanders die vragmotor uitgesleep. Die toegangsroetes vanaf Sutterweg, Corkery- en Pretoriaweg is deur die verkeerspolisie gesluit, terwyl die herwinning van die vragmotor uit die modder onder weg was.

Die waterpyp is toe reggemaak en teen Saterdagoggend, 20 April was die watertoevoer na sakeondernemings weer herstel. Hopelik sal die talle ontwrigtinge wat inwoners deur hierdie voorval moes verduur, amptenare tot aksie oorhaal om dienslewering te verbeter.

Related Articles

Back to top button