Local sport

Hokkiespelers wys hul vernuf

Die hokkiespelers van Hoërskool Warmbad het nuwe woema na hul ’n kundige hupstoot gekry het tydens ’n afrigtingskliniek.

Die naweek van Vrydag, 5 April en Saterdag, 6 April, het Hoërskool Warmbad se twee seuns en meisies eerste hokkiespanne ’n opwindende geleentheid gehad om deel te neem aan ’n hokkie kliniek ter voorbereiding van die komende ligaseisoen.

Hierdie kliniek, aangebied deur die gerespekteerde Hubach Hockey Academy, se doel is om spelers en afrigters die nodige vaardighede en kennis te bied om hul prestasies op die hokkieveld te verbeter.

Hoërskool Warmbad se hokkie afrigters saam met Hubach Hockey Academy se afrigters. Links na regs: Juvan Blignaut, Heiko Piepmeyer, Zoë Makkink, Leone Lepart, Jurie Human en Kagiso Mathaba.

Die kliniek het nie net ’n teoretiese komponent gehad waar strategieë in die spel bespreek is nie, maar ook ’n praktiese oefening en ontwikkeling van spelers ingesluit. Die afrigting is gedoen deur drie topspelers en afrigters wat hul kundigheid met ons plaaslike spelers gedeel het.

Al drie die afrigters het jare ervaring in die spel en het ook verskeie afrigtingsklinieke aangebied. Hulle is Zoë Makkink, ’n provinsiale doelwagter van Noordelike Gauteng, Heiko Piepmeyer, ’n provinsiale speler van Noordelike Gauteng, en Kagiso Mathaba, ’n hulpafrigter vir die Suid-Afrikaanse o.21-manshokkiespan.

Gedurende die twee dae van die kliniek het hulle geleer oor verskeie tegnieke, spelstrategieë en fisiese voorbereiding wat nodig is om op die hoogste vlak van hokkie te presteer.
Met ’n opwindende hokkie seisoen voor die deur, is die deelnemers van Hoërskool Warmbad goed toegerus om hul vaardighede op die veld te demonstreer en as span in die liga te presteer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button