Local sport

Hansies maak die regte skuiwe

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong bied op Saterdag 27 April die eerste ten volle Chess SA (Chessa) geakkrediteerde ope skaaktoernooi in hul skoolsaal aan.

Die toernooi is ook geakkrediteer by FIDE, die internasionale skaakfederasie.

’n Toernooi moet uit ’n minimum van vyf rondes met sestig minute per speler bestaan vir algemene gradering by Chessa. Met die gebruik van die nuwe horlosies is die aanvaarde speeltye aangepas na ’n sestig minuut kombinasie, dit wil sê sestig minute, 45 minute plus 15 sekondes of 30 minute plus 30 sekondes per skuif. Dit beteken die kwalifiserende toernooi, wat gewoonlik oor twee dae gespeel moet word, pas ons nou in een dag in met speeltye van 30 minute en 30 sekondes per speler.

Die skool nooi leerders uit om aan hierdie voldag-skaaktoernooi te kom deelneem. Diegene wat aan ander sportsoorte ook deelneem kan steeds aan die dag deelneem omdat die program voorsiening daarvoor maak dat spelers êrens ’n ronde kan uitsit. Aangesien die toernooi aan die vyf ronde, 60 minute kriteria voldoen, is dit ook ’n erkende kwalifiserende toernooi vir junior provinsiale kleure in skaak, in enige streek in Suid Afrika.

Vir meer inligting, stuur ’n Whatsapp-boodskap aan Gawie le Roux by tel 071 688 4912 of aan Carlo Vorster by tel. 079 615 6635.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button