Local sport

Meesters ryg goue medaljes in

Die meestersatlete van die Kokanje-aftreeoord het weereens stof in hul teenstanders se oë geskop tydens hul deelname aan die Claude Sterley Grand Prix-byeenkoms op Saterdag 23 Maart.

Hulle het hieraan deelgeneem ter voorbereiding vir die Gauteng-Noord en Suid-Afrikaanse kampioenskap later vanjaar.

Die byeenkoms het slegs drie items gehad, naamlik die Pentathlon Throws (vyfkamp), weight throw (massagooi) en hamergooi.

Miggie van der Walt het in die ouderdomsgroep vir atlete ouer as 75 jaar deelgeneem en drie goue medaljes gewen. Babsie Grobler-Crafford het in die ouderdomsgroep vir tagtigjariges en ouer deelgeneem en ook drie goue medaljes verower.

Diegene wat belangstel om by die groep meestersatlete aan te sluit, kan Babsie kontak by tel. 072 444 3455.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button