Local sport

Kwaggas gekies vir Verre Noord-span

Die Kwagga-rugbyklub spog met vyf spelers wat gekies is om vanjaar vir die Verre Noord se Sewes-Bokkie-span te speel.

Dylan van Rooyen, Duan Wilkins, Anthony Brand, Anrico van der Schyff en JP Prinsloo het Saterdag, 23 Maart aan die Sewes-toernooi se semi-finaal in Orania deelgeneem.

Die Verre Noord Bokkie-span het derde geëindig van die tien spanne wat deelgeneem het.

Dit is Dylan en Anrico se derde jaar wat hulle vir die Verre Noord Bokkie-span speel. Dylan is ook aangewys as kaptein van die span.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button