Local newsNews

Droogte veroorsaak groot skade

Die El Nino-weerverskynsel besorg boere in die Waterberg hoofbrekens met oeste wat plek-plek vergaan van droogte. Om die situasie te bemoeilik, is daar ook ’n vinkplaag op die Springbokvlakte.

Volgens Floris Booysen van die Potgietersrus-distrikslandbou-unie het dit die afgelope seisoen baie kol-kol gereën.

“Die noorde van die Springbokvlakte, vanaf Tuinplaas tot by Mokopane, het heelwat minder reën gehad as die suidelike deel in die Settlers en Radium-gebied. Tot soveel as ’n 100 mm tot 200 mm minder. Boere wat vroeër geplant het is beter af. Ek skat so tussen 5% en 10% van die boere het nie geplant nie, of heelwat minder gewasse geplant omdat dit so droog is,” het hy gesê.

Heelwat boere gaan moontlik nie stroop nie as gevolg van die skade wat die droogte aangerig het. In hierdie gebied word daar veral sonneblom, sorghum en mielies geplant.

Die uitbraak van vinke vererger die uitdagings vir landbou in die gebied.

“Dit is ’n aanmeldbare plaag en word bestry in samewerking met die departement van landbou deur lugbespuiting. Die voëls rig groot skade aan.”

Van die dorpe in die omgewing het verlede week goeie reën gehad. Inwoners van Modimolle het ongeveer 40 mm gemeet en in Bela-Bela het meer as 50 mm reën geval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button