Local sport

Forbie-atlete beïndruk by atletiek

Die atlete van Euphorbia CO Skool in Mookgophong het op Donderdag 7 Maart, tydens die Limpopo-atletiekkampioenskap in Polokwane hul staal gewys.

Kara Muller, ’n o.11-meisiesatleet het in die hoogspring gewys dat kleiner skole moet mee rekening gehou word toe sy vir die tweede opeenvolgende jaar die goue medalje verower het in haar ouderdomsgroep.

Luan Venter het nie agterweë gebly nie en het ’n verdienstelike vierde plek behaal in die seuns o.11 70 m hekkies item.

Die twee Forbies wag angstig om te hoor of hul na die nasionale kampioenskap genooi word, maar intussen het hul reeds by ander aktiwiteite ingeskakel en bou hul voort op die sukses wat in die atletiekseisoen behaal is.

Die skool het aan Die Pos gesê dat hierdie twee atlete ware ambassadeurs van Euphorbia CO Skool is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button