Local news

Suksesvolle Boere-inligtingsdag gehou

Die eienaars van André Kock en Seuns Afslaers het op Donderdag, 14 Maart om 08:30 in samewerking met die departement van landbou en landelike ontwikkeling, ’n suksesvolle Boere-inligtingsdag by die veilingskrale in Bela-Bela, vir opkomende boere gehou.

Sowat 150 opkomende boere het die dag bygewoon waar hul toegespreek is deur dr. KV Letsoalo en dr. LT Kgopa van departement landbou, oor kuddegesondheid.

Die gaste het van Tsakane, Pienaarsrivier, Settlers, Radium en Vogelstruispan gekom om meer te wete te kom van veesiektes en die bestuur van kuddes om hul optimaal gesond te hou.

Hulle leuse is om voortdurend kennis te bekom en te deel.

Related Articles

Back to top button