Local news

AP-Kerk kry nuwe predikant

Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) se Naboomspruit-gemeente het op Saterdag, 17 Februarie vir ds. Markus Mattheus as nuwe herder en leraar van die gemeente bevestig.

Die geleentheid is deur ds. Herman Erasmus van die AP Kerk Waterberg-gemeente waargeneem en is bygewoon deur lidmate, familie, predikante van die dorp en ander gemeentes in die omgewing.

Ds. Mattheus het in Mokopane (Potgietersrus) groot geword en het teologie aan die AP Akademie in Pretoria, studeer. Hy is vanaf 2008 as leraar bevestig in die AP Kerk.

Die gemeentes wat hy in sy loopbaan bedien het is onder andere Douglas in die Noord Kaap, Hoëveldrif in Secunda, Tzaneen en die vier gemeentes in die Steynsburg-ring (in bedieningsooreenkoms met mekaar).

Hy is in 2005 met Annemien Vermaak, ’n gehoorapparaat-akoestikus, getroud en daar is vier kinders uit hul huwelik gebore; Andréas, Ruben, Salóme en Helena. Volgens hom is sy gesin baie lief vir lees en hulle kamp graag saam in die natuur.

“Die gemeente is dankbaar teenoor die Here en opgewonde oor die pad vorentoe om lig in duisternis in Mookgophong te wees,” het hy gesê.

Die gemeente is op Sondag 5 Julie 1987 gestig waar daar 190 volwassenes en 21 kinders teenwoordig was. Ds. Willie Jooste was die eerste leraar van die gemeente en is op 4 Oktober 1987 bevestig. Mattheus is die sewende leraar by die gemeente.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button