CrimeLocal newsNews

Vermeende kabeldief vasgetrek

’n Kabeldief is vanoggend net na vier vasgetrek by ’n huis in Stofbergstraat, Bela-Bela.

Willie Nel, grafiese kunstenaar van Die Pos wat in die omgewing woon, was vroegoggend op die toneel. Sy buurvrou het vertel sy was in die kombuis doenig toe sy ’n lig buite naby die motorhuis gewaar. Sy het haar man wakker gemaak waarna hy sy vuurwapen gevat het voor hy buite ondersoek gaan instel het. Hy het hom daar vasgeloop in ’n man wat op hom afgestorm het.

Volgens die buurvrou het haar man toe verskeie skote gevuur en die verdagte op sy sitvlak gekwes.  Die Polisie en ambulansdienste is gekontak.

Daar is ’n byl op die toneel gevind, asook verskeie sakke met koperkabels. Na bewering was die polisie al maande lank opsoek na die verdagte weens verskeie kabeldiefstal en huisinbrake voorvalle.  Die verdagte is na bewering ’n tydjie terug uit die tronk vrygelaat.

Lees volledige berig in aanstaande week se koerant.

Related Articles

Back to top button