Local sport

Hengelaars laat die katrolle sing

Laerskool Warmbad spog met twee onderwysers wat nie net hul deel in die klaskamer doen nie, maar ook kampioen hengelaars is.

In ’n merkwaardige vertoning by die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOF) se nasionale kampioenskap wat van Maandag 4 tot Woensdag, 6 Maart plaasgevind het, het Wynand Booysen en Francois van Wyk hul vaardighede en tegniek ingespan en indrukwekkende prestasies behaal.

Francois Van Wyk.

Van Wyk het algeheel tweede geeïndig in die hoogs mededingende president A-afdeling. Hy het nie net ’n persoonlike beste prestasie behaal nie, maar het ook ’n medalje vir die swaarste sak vis in die kompetisie gewen.

Vanweë sy uitstaande prestasies is Van Wyk genooi om van Vrydag, 8 tot 9 Maart, deel te neem aan die nasionale proewe vir SAVOF se Protea-A- en SASSAC-spanne. Hierdie uitnodiging beklemtoon sy vaardighede en potensiaal om op nasionale vlak te hengel.

Booysen het ’n vierde plek in die president B-afdeling verower, terwyl sy span algeheel ’n lofwaardige tweede plek behaal het.

Hierdie twee hengelaars, wat albei boorlinge van Bela-Bela is en hul skoolopleiding hier begin en voltooi het, is ’n bron van trots vir die gemeenskap en skool.

Hulle is voorwaar ’n inspirasie vir die leerders.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button