Local newsNews

Bela-Bela-vloede van Maart 2014 onthou

Op Vrydag 7 Maart 2014 word Bela-Bela groot nuus nadat dit soveel reën dat verskeie damwalle meegee en strome water uit die berge begin vloei het.

Die Klein-Kariba-vakansieoord het só erg verspoel in twee vloede sowat ’n week uitmekaar, dat die oord vir maande moes sluit. ’n Bejaarde egpaar, Eric en Elsa Sparrow, het verdrink in die vloed.

Miljoene rande se skade is op die dorp aangerig.

Die Pos kyk terug na ’n tyd van noodlot, hartseer, asook kameraadskap wat in hiérdie klein Waterberg-dorpie afgespeel het. Die volgende uittreksels herdenk daardie tragedie.

Bo en onder: Die Pos berig oor die ongekende skade wat die dorp op sy knieë gedwing het.

Die Sparrow-egpaar, Elsa en Eric, is deur die water meegesleur, soos hier berig word. Hulle liggame is later gevind.
Die voorblad van Die Pos se destydse susterskoerant, The Beat.
Die restaurant by die waterval het heel eerste deurgeloop.
Een van die motors wat in die spruit oorkant die Klein-Kariba-karavaanpark beland het.
Dit is wat oorgebly het van die oord se pretpark.
Dié twee voertuie was by die oord se onderdak-swembad geparkeer. Die silwer voertuig was die een waarmee die Sparrow-egpaar by die oord aangekom het.
Só het die meeste van die woonstelle op die onderste vloer gelyk nadat die water daar deur is.
Menige voertuie is deur die water meegesleur.
Die onderdak-swembad waarin die Sparrow-egpaar was toe die watergolf hulle getref het.
Bela-Bela het miljoene rande se skade gely tydens die vloede. Dié man klou aan ‘n paal vas sodat die water hom nie wegvoer nie.
Só het die destydse Warmbad Waterfront op Donderdagmiddag, 13 Maart 2014, gelyk nadat hewige vloedwaters die dorp getref het.
Hans Joubert van Bela-Bela, het ses mense uit die vloed van Donderdag, 13 Maart 2014, gered.

Related Articles

Back to top button