Local sportSchools

Hansieweek: Skolerugby op sy beste

Voorsiening word gemaak vir 86 rugbyspanne van reg oor die land om vandeesmaand op die rugbyvelde van Hoërskool Hans Strijdom uit te draf.

Die gewilde Mauritz Hansen-rugbyweek word van Donderdag 21 tot Sondag 24 Maart gehou. Die Hansieweek soos dit bekend staan,verenig skole van Limpopo, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Vrystaat en die Noordkaap.

Hoërskool Hans Strijdom wat onlangs gasheer van die Bosveld-interhoër was, is flink aan die werk om te sorg dat die Hansieweek een vir die boeke gaan wees. Dit sal die 29ste Mauritz Hansen-rugbyweek wees wat die Hansies aanbied.

Die Hansieweek is baie gewild by spelers en afrigters van belowende skoolspanne. Benewens skolerugby uit die boonste rakke, sorg die week ook vir ’n reuse ekonomiese inspuiting vir die dorp en sy sakelui.

’n Personeellid het aan Die Pos gesê dat daar 25 skole is wat met meer as een span gaan deelneem.

“Die Hansieweek is ’n hoogtepunt op ons kalender en dit is ons skool se trots om hierdie grootste skole rugbyweek in die wêreld aan te bied,” het skoolhoof Rinus de Jager gesê.

Lebu van Heerden, adjunkhoof vir sport, is die organiseerder en die ongeveer 2000 spelers, 200 afrigters en beamptes sal in die koshuise en omliggende jagkampe en vakansieoorde tuis gaan.
Die spanne speel elke tweede dag wedstryde en die ander dae word aangewend vir gespesialiseerde afrigting en spanoefening.

Die gasspreker by vanjaar se opening, is Wessels du Plessis, die afrigter van die Blou Bulle. Die voorsitter van Blou Bulle Rugby-unie (BBRU), Willem Strauss, sal ook besoek aflê by die Hansieweek.

Tydens die openingswedstryd speel die eerste span van Hoërskool Hans Strijdom teen die span van Northcliff High School van Johannesburg. In 2023 het die span van Hoërskool Ellisras van Lephalale tydens die opening afgereken met die span van Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi deur hulle met 18-7 te klop.

Na afloop van die toernooi word ’n toerspan gekies wat gedurende die Oktober-vakansie na Europa sal reis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button