Local news

Toets skryfkuns met INK-kompetisie

INK Skryf in Afrikaans se dig- en skryfkompetisie is weer aan die gang en plaaslike digter, Anzé Bezuidenhout, moedig inwoners aan om hul skryfspiere te oefen en in te skryf.

INK is die breinkind van Bezuidenhout wat haar eerste digbundel in 2013 uitgegee het. INK se webwerf bied ’n sosiale bymekaar-kom-plek vir skrywers en dien ook as ’n slypsteen vir aspirerende digters en skrywers. Bezuidenhout besit ook die padstal IetsieVanAls net buite Modimolle. Bundels met die werk van nuwe skrywers word jaarliks uitgegee en bied blootstelling om hul talente te wys.

Die kompetisie duur tot Vrydag 31 Mei en die beste inskrywings sal in die bloemlesings Inkspraak5, Inkspraak5 Jeug en Inkspraak 5 Kortverhale opgeneem word.

Die doel van die kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Die kompetisie is oop vir persone van alle ouderdomme. Meer inligting is beskikbaar op die webwerf www.ink.org.za of kontak Bezuidenhout by tel. 082 648 0284.

Related Articles

Back to top button