Letters

Brief: Gaan stem: dit is tyd vir verandering

Die soustrein van hierdie “kakistocracy” het ontspoor en is dit nou tyd vir verandering.

Gawie Richter van Modimolle, skryf:

Na dertig jaar van wan-administrasie, swak regering, verwoesting, bankrot en korrupte munisipaliteite en staatskaping, het ons nou genoeg gehad van kakistrokate. Sien die Oxford-woordeboek vir die betekenis van ’n “kakistocracy”.

Volgens Google is dit “government by the least suitable or competent citizens of a state – the danger is that this will reduce a state to a kakistocracy”. So het nepotisme in Suid-Afrika dan ook sy bydrae hiertoe gelewer.

Vir drie dekades word daar elke jaar met dieselfde probleem van “te min skole” geworstel. Dit moet wys dat die tyd nou aangebreek het vir die mees onbevoegde en onbekwame leiers om te groet, want dit is by opvoeding waar jy begin bou vir ’n staat se toekoms.

Maak asseblief seker dat jou naam op die kieserslys verskyn. Die soustrein van hierdie “kakistocracy” het ontspoor en is dit nou tyd vir verandering.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button