Letters

Brief: BBBF moet weer herlewe

Johan Mills het werklik alles gegee om ons dorp ’n beter plek te maak vir al die inwoners.

Daleen Steynberg, inwoner van Bela-Bela, skryf:

Na die afsterwe van Bela-Bela Belastingbetalers Forum (BBBF) se voorsitter, wyle Johan Mills, was daar deur die oorblywende bestuurslede besluit om hierdie Forum weer nuwe stukrag te gee, aangesien dit uiters noodsaaklik is om mense uit ons gemeenskap te kry wat VIR ons almal kan veg by die munisipaliteit.

Vergaderings moet geskeduleer word vir beplanning en terugvoering aan die gemeenskap van planne wat op die tafel is of knelpunte wat dringend aandag verg.

Johan Mills het werklik alles gegee om ons dorp ’n beter plek te maak vir al die inwoners. Hy was op hoogte van sake met verskeie aspekte van regsake en ordinansies wat op munisipaliteite van toepassing is. Met hierdie grondige kennis kon hy die munisipaliteit aanvat want die wet moet onderhou word.

Met die verkiesing voor die deur, is dit die aangewese tyd om hierdie Forum weer aktief te kry. Ons gemeenskap moet mobiliseer en planne in plek kry om die munisipaliteit te kan vasvat. Die munisipaliteit se planne is nie waterdig nie en ons moet die yster smee terwyl hy warm is.

Alle belangstellendes kan vir Francois Jacobsz kontak by tel. 084 742 9869 of Daleen Steynberg by tel. 082 787 5067 om weer ’n komitee saam te stel vir die BBBF.

Ons het werklik inwoners nodig wat bereid in om in belang van die dorp op te tree. Ons wil ‘skoon baklei’ vir ons regte sonder om ’n politieke kleur aan eise te gee.

Op die verskillende groepe word gekla en gekerm en word daar politieke vingers gewys. Ons moet saamwerk in belang van alle belastingbetalers.

Baie dankie vir u samewerking in die verband.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button