AdvertorialSponsored

Promosie: Nuwe staal-onderneming open deure

As A-graad, persoonlike diens met kundigheid sowel as kwaliteit staal vir jou belangrik is, is NoordStaal se nuwe tak in Modimolle die plek om by aan te klop.

NoordStaal bedryf sedert 1968 ’n suksesvolle tak in Machado (Louis Trichardt) en het onlangs uitgebrei na die Waterberg toe. Volgens Franswa Scheepers is dit vir hulle belangrik om ’n persoonlike verhouding met elkeen van hul kliënte te bou om uitstekende diens te verseker.

Dié onderneming, geleë naby die dorpsingang vanaf die tolhek, verskaf enige staal en staalverwante produkte.

“As een van ons kliënte ’n dak wil opsit, verskaf ons die materiaal en al die benodigdhede en die regte afmetings wat daarmee saamgaan. Ons tekenaar (draughtsman) kan ook planne verskaf en die ladings van die staal bepaal met die hulp van toepaslike rekenaarprogramme,” het Scheepers gesê. “Ons kan ook die buigskedules vir fondasies verskaf.”

Die onderneming rol hul eie sink en sny presies die grootte wat verlang word. Dit beteken dat kliënte wat in grootmaat koop of net ’n spesifieke grootte wil hê, maar nie ’n hele plaat nie, geld kan spaar. Hulle het ook alle groottes boorgat-omhulsels (casings) in voorraad en bied versterkingsmateriaal (reinforcing) vir die konstruksiebedryf.

NoordStaal lewer af en ontvang ook gereeld nuwe voorraad van hul tak in Machado.

Besoek NoordStaal by Neptunestraat 10, oorkant die nywerheidsgebied in Modimolle. Hulle kan geskakel word by tel. (014) 940 7021 of stuur ’n e-pos na nyladmin@noordstaal.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button