Local news

Groentjies volwaardige Warries

Die bestuurskomitee (UK) van Hoërskool Warmbad het op Donderdag, 1 Februarie, die nuwe gr. 8-leerders amptelik verwelkom as volwaardige Warries. Die skool se jaarlikse groentjiekonsert is ook gehou.

Daar was geen gebrek aan kreatiwiteit en talent tydens die vertoning en die groentjies het die toeskouers laat skater van die lag met hul manewales.

Die hoogtepunt van die aand en die hoen-dervel gevoel was toe die Volhard-teken aan die brand gesteek is en almal saam die skoollied gesing het. Ouers wat self ook leerders was van die skool sê, hul sal daardie warm gevoel van Warrie-trots vir altyd koester. Die brand van die Volhard-fakkel is ’n skooltradisie wat oor dekades behou is.

Die groentjiekonsert is ‘n herinnering wat die gr. 8’s van 2024 altyd sal koester.

“Ons sien uit om hierdie tradisie voort te sit en te sien hoe ons groentjies jaarliks hul kreatiwiteit ontplooi.” het Louis Cilliers, hoof van Hoërskool Warmbad gesê.

Mag hulle altyd onthou dat volharding bekroon word.

Related Articles

Back to top button