Local sportSchools

Hansies wys vernuf

Die atletiekseisoen is reeds volstoom aan die gang en atlete het reeds hulle staal begin wys by verskeie byeenkomste. Hoërskool Hans Strijdom het op Vrydag 26 Januarie aan hulle eerste vriendskaplike byeenkoms in Tzaneen deelgeneem en die atlete het goed presteer.

Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen het die byeenkoms aangebied en die Hansies, Ben Vorster en Hoërskool Middelburg het teen mekaar meegeding.

Marcus van der Walt ontvang die trofee vir beste senior seuns-baanatleet van Jan van Staden (hoof).

“Dit was regtig spoggerige atletiek en ons is baie trots op elkeen wat hulle beste gelewer het. Ons sien uit na die res van die seisoen en veral na die 60ste Bosveld Interhoër hier op ons tuisveld,” het Angelique Smith, atletiekorganiseerder van die Hoërskool Hans Strijdom gesê.

Die Hansie-atlete het 26 eerste plekke behaal.

Janneman Benson ontvang sy trofee as beste senior seuns-veldatleet van Jan van Staden (hoof).

Vier van die skool se uithaler atlete het ook met gesogte toekennings teruggekeer. Cara Louw is as die beste senior meisiesveldatleet aangewys nadat sy die spiesgooi vir meisies o.19 gewen het. Marcus van der Walt is as die beste senior baanatleet aangewys. Hy neem deel in 200 m, 400 m en 800 m vir seuns o.19. Janneman Benson is as die beste senior veldatleet aangewys nadat hy die o.17 seunsatlete gewys het hoe word dit gedoen. Eduan Steyn is die beste junior baanatleet nadat ook hy vir die ander deelnemers hakke gewys het in die 100 m hekkies vir seuns o.15.

Die Hansies sê alle paaie lei na Mookgophong en hul begin al die rooi tapyt uit- rol vir die talle deelnemers, ondersteuners en besoekers.

Eduan Steyn is aangewys as die beste junior seuns-baanatleet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button