Local sport

Nylie-atlete bult spiere in Polokwane

Die atlete van Hoërskool Nylstroom het hul spiere behoorlik gebult tydens die Janus Robberts-atletiekbyeenkoms wat op Vrydag 26 Januarie by Hoërskool Pietersburg (PHS) in Polokwane gehou is.

Hulle het teen sterk atlete van nie net PHS deelgeneem nie, maar ook van Hoërskool Merensky, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa.

Danelle Roos.

Uit die 143 items het die Nylies 73 medaljes gewen, waarvan 28 goue medaljes was. Danelle Roos (gr.8), is aangewys as die beste junior baanatleet van die byeenkoms en Tiaan Steffen (gr.11) as die beste senior veldatleet.

Die atlete en afrigters is druk besig met voorbereiding vir die Bosveld Interhoër-byeenkoms wat op Saterdag 24 Februarie by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong aangebied word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button