Local news

Nuwe leraar vir Modi-gemeente

Die Evangelies Gereformeerde Kerk (EG) in Modimolle het ’n nuwe leraar en sy gesin verwelkom nadat ds. Andrew Bruyns na ’n gemeente in die Wes-Kaap beroep is.

Ds. Kuifie Vlok, sy vrou Marcia en hul seuns Ricardo (16) en Franco (14) het gedurende Desember vanaf Emalahleni (Witbank) na Modimolle verhuis. Vlok is reeds nege jaar in die bediening en het voorheen geboer en ’n sakeonderneming bedryf.

“Ons is baie bly om weer op die platteland te wees, want Witbank is baie besig,” het Vlok gesê. “Ons geniet die vars lug.”

Die gesin het voorheen ’n groot gemeente in Pretoria-Oos bedien en is daarna beroep na ’n kleiner gemeente in Parys voordat hulle ses jaar in Emalahleni gewoon en werk het.

“Ons sien baie uit na ons tyd hier in die Waterberg. ’n Mens sien dat plattelandse gemeentes soos families is en mense mekaar meer ondersteun as in stedelike gemeentes waar mense mekaar dikwels nie ken nie,” het hy gesê.

Hulle het voorheen baie met jongmense gewerk en sien daarna uit om die jongklomp te betrek by gemeente-aktiwiteite.

Related Articles

Back to top button