Letters

Koerantberig laat my met nostalgie terug dink

Die jare het aangestap. Elkeen het sy pad ná skool gestap, maar hulle kom telkens terug “huis toe”!

Denise Edwards, Bela-Bela, skryf: 

Die laaste paar weke het ek vir geen spesifieke rede, nie meer die koerant so gereeld soos voorheen gekoop nie.

Vanoggend stop ek gou by die kafee op die hoek om koeldrank te koop toe my oog Die Pos se voorblad (14 Desember) vang met Keina Swart voorop en ek besluit daar en dan om die koerant te koop, want my nuuskierigheid is geprikkel. Ons loop immers al baie jare saam.

Ek lees die artikel met nostalgie want ek is self reeds 25 jaar deel van die destydse Warmbad en deesdae Bela-Bela. My lewenspad tot in Bela Bela het baie dieselfde geloop as Keina s’n. Hoewel ’n groot deel van my hart in die Vrystaatse dorpie Koffiefontein agtergebly het, het Bela-Bela vinnig vir hom ’n plekkie in my hart uitgekerf.

My paaie het met Keina gekruis toe ons twee “haasbekkies” vir die eerste keer saam skool toe is. Ek weet tot vandag toe nie wie van ons of die kinders die meeste trane
weggevee het nie. Ek het ’n vermoede dit was ons.

’n Klompie jare later het dieselfde twee “haasbekkies” saam met hul groep belydenis van geloof afgelê. Dié keer weet ek dit was ons mamma’s wat die meeste trane afgevee het. Ons haasbekkies word te vinnig groot.

Die jare het aangestap. Elkeen het sy pad ná skool gestap, maar hulle kom telkens terug “huis toe”!

En nou is dit ons beurt om aan te stap.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button