Local news

Die Pos sprei sy vlerke

Die nuutste uitgawe van die Plus50 STREEK/REGION-tydskrif het pas op winkelrakke landwyd verskyn en daar is ’n heerlike artikel in oor Die Pos-koerant.

Charmaine Lourens, eienaar en redakteur van die koerant, het die storie oor die koerant se geskiedenis neergepen. Hierdie uitgawe van die glanstydskrif fokus op die Waterberg. Daar is lekker leesstories oor die omgewing, sy geskiedenis en aktiwiteite wat toeriste lok.

Soos wat die gasredakteur, dr. Johann Lodewyk Marais tereg sê:

“Die Waterberg se savanne en plato met ’n eie fauna en flora het sedert die 19de eeu ’n voorkeurbestemming vir mense geword.”

Related Articles

Back to top button