Local news

Boer-soek-’n-vrou se Louis voor die kansel

Die gewese Boer-soek-’n-vrou-deelnemer van die Waterberg, Louis Malan, het verlede naweek uiteindelik die strop om die nek gekry.

Die Pos het verneem dat Louis en Annique Kleynhans die knoop deurgehaak het. Hulle het ’n ooreenkoms met ’n Afrikaanse tydskrif gesluit en kan dus nie in dié stadium met enige ander mediahuis praat totdat die tydskrif op die rak is nie.

Die paartjie het in Augustus verloof geraak op Louis se wildplaas sowat 40 km buite Bela-Bela.

Louis en Annique Malan met hul verlowing in Augustus.

Louis was een van die boere wat vrou gesoek het in Seisoen 15 van die gewilde realiteit-televisiereeks wat verlede jaar uitgesaai is. Hy was bekend vir sy omstrede uitlatings, maar het volgehou dat hy getrou is aan homself.

Die twee het in Augustus vertel hulle het 10 maande gelede in Pretoria ontmoet. Louis het met Die Pos se kuier op sy plaas vertel Annique se oë blink net soos die diamant aan haar vinger. Hy was van die begin been-af oor haar borrelende geaardheid en positiwiteit.

Annique, wat die rustigheid en diere op die plaas geniet, hou weer van Louis se mooi oë, glimlag en lewenslus.

Annique het begin Augustus sak-en-pak van Pretoria na Louis se plaas verhuis. Sy is ’n ingeskrewe klerk wat by ’n rekenmeestersonderneming in Bela-Bela werk terwyl sy vir haar B. Com-graad studeer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button