LifestyleLocal news

Ou bome en veld saam verken

Die bome in die veld is van nader leer ken en kennis is kwistig onder mekaar uitgeruil tydens die Dendrologiese Vereniging se saamtrek op Saterdag 18 November.

Die lede het die jaar op ’n hoë noot afgesluit met ’n uitstappie na die Thithombo-wildsplaas aan die buitewyke van Modimolle.

Daar is vroegoggend by ’n lapa en eeu-oue koeltebome op die wildplaas laer getrek. Kampstoele is staangemaak en kosmandjies uitgepak. Nadat ’n vuur aangepak is vir vleisbraai, was dr. Carel Pretorius, natuurkenner van die omgewing, aan die woord met sy diepgewortelde kennis oor die gebied en veral die bome in die omgewing.

Twee groepe is gevorm wat die terrein rondom die lapa saam gaan verken het. Daarna is daar vleis gebraai en gesellig gekuier op die pragplaas voordat afskeid geneem is tot ’n voorspoedige weersiens in 2024.

 

 

Related Articles

Back to top button