Letters

Brief: Wie ontvang die eer?

Die Gelofte van 16 Desember beklemtoon die beginsel van elke gelowige se geloof in God se leiding en beskerming. Dit was nooit polities nie, maar is steeds ’n kragtige herinnering aan die Almag van God.

Reint van der Pol, voorsitter van Warmbad Geloftefees-komitee in Bela-Bela, skryf:

Is alles wat ons is, nie maar net genade nie? Is die toekoms dan nie meer in Sy hande nie?

Die Gelofte van 16 Desember beklemtoon die beginsel van elke gelowige se geloof in God se leiding en beskerming. Dit was nooit polities nie, maar is steeds ’n kragtige herinnering aan die Almag van God. Die Voortrekker, die Afrikaner, het in absolute afhanklikheid van God geleef.

Raak stil en ontvang die boodskap wat die Gelofte vir alle gelowiges inhou vir vandag, en die toekoms.

Kom vier en onderhou die Gelofte saam met ander gelowiges op Saterdag 16 Desember by die NG Warmbad Wes-gemeente.

Ons verwelkom almal wat hulself in die Bela-Bela-omgewing bevind om 08:30 vir hartlike samesang voor die program 09:00 begin. Verversings word na afloop van die diens bedien.

Vir enige navrae bel Reint van der Pol van die Warmbad Geloftefees-komitee op tel. 082 563 7602.

Related Articles

Back to top button