Letters

Brief: Steek ’n stokkie voor nóg 30 jaar se verval

Ná 360 jaar van opbou en vooruitgang is die meeste daarvan binne 30 jaar tot op die grond vernietig.

Gawie Ricther, Modimolle, skryf:

Danksy enkele woongebiede in Modimolle kan die salarisse van raadslede en honger amptenare blykbaar steeds maandeliks deur ’n bankrot munisipaliteit vereffen word.

Amptenare is gereeld kwansuis op ete as ’n mens na hulle soek.

Ons moet handelaars wat die strate voor hul ondernemings skoonmaak werklik komplimenteer. Danksy die raadslid van Wyk 12 weet ons wat in die dorp aangaan en ons sê vir hom ook baie dankie.

Om ’n geheelbeeld van ons dorp en sy plaaslike regering te kry, kan jy gerus die spoorwegstasie besoek. Wat ’n skande!

Ná 360 jaar van opbou en vooruitgang is die meeste daarvan binne 30 jaar tot op die grond vernietig.

Gevolglik het ek en jy geen ander keuse nie: Ons moet eenvoudig registreer vir die volgende verkiesing. Dit is tyd vir verandering.

Onthou: ’n Wegblystem met verkiesingstyd is ’n teken dat jy gelukkig is met die toedrag van sake.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button