Schools

Hoërskool Warmbad-leerders skitter by glansaand

Hoërskool Warmbad het hul jaarlikse prysuitdeling, beter bekend as die lourierfunksie, gehou.

Hierdie geleentheid is ’n hoogtepunt op die skool se kalender waar erkenning gegee word aan leerders vir uitnemende akademiese-, kulturele- en sportprestasies die afgelope skooljaar.

Karli Brooker, hoofmeisie, ontvang die wisseltrofee vir kultuur vir haar buitengewone prestasie is redenaars, orators en drama van skoolhoof Louis Cilliers.
Die sporttrofee is toegeken aan Lethabo Simango vir sy verskeie prestasies op die sportvelde. Lethabo het ook die wisseltrofee vir atletiek verower. By hom is Louis Cilliers, hoof.
Louis Cilliers, hoof, oorhandig die wisseltrofee vir puik dienslewering aan JP Smith.
Die burgemeesterstrofee vir die Dux-leerder van 2023 is verower deur William Nicolson-Geyer met ’n gemiddelde persentasie van 88%.
Bongani Tshabalala het die skool se swemtrofee ontvang.
Christian Heuer (onderwyser) oorhandig die rugby-wisseltrofee aan Pule Sebolao.

Related Articles

Back to top button