Local sport

Triomf vir Naboom-jukskeiklub in Pretoria

Die Naboom-jukskeiklub van Mookgophong het op Saterdag 4 November puik presteer by die klubkampioenskap wat in Pretoria gehou is.

Altesame 70 spanne het meegeding en elke span het aan sewe uitspeelwedstryde deelgeneem.

In die C1-afdeling het die Naboom-jukskeiklub in die finaal kragte teen ’n Gauteng-span gemeet en met die louere weggestap.

Die Naboom-jukskeiklub het Limpopo verteenwoordig.

Hierdie prestasie is ’n bewys van die harde werk en toewyding van die spelers, afrigters en die gemeenskap wat agter hulle staan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button