Local news

Fotograaf beseer ná voertuig brand

’n Ongeluk vroegoggend naby die Zwartkloof-natuurreservaat op Woensdag 1 November het vir groot drama gesorg nadat ’n voertuig aan die brand geslaan het.

Volgens alle aanduidings is die voertuig deur Herman Steyn, bekroonde fotograaf en inwoner van Bela-Bela, bestuur.

Steyn was die afgelope jaar in en uit die hospitaal weens erge komplikasies nadat hy sy heup voorheen in ’n motorongeluk gebreek het. Hy sou uiteindelik — ná jare se wag en baie erge wondinfeksies — later vandeesmaand ’n heupvervangingsoperasie in die Muelmed-hospitaal in Pretoria ondergaan het.

Herman Steyn word behandel.

Mike Bosch, boer van die omgewing, was gou op die toneel en het gehelp om ’n erg bebloede Steyn weg van die brandende voertuig te kry.

Mia de Bruyn, Steyn se vriendin van die afgelope paar jaar, was teen druktyd saam met Steyn by die Warmbad-hospitaal waar hulle op ’n ambulans gewag het om hom na Pretoria te vervoer.

Die aard van sy beserings was teen druktyd nie bekend nie. Steyn was op pad om foto’s vir ’n boer te gaan neem toe hy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het.

Related Articles

Back to top button