Local news

Nuwe joernalis vir Die Pos verwelkom

Die Pos is opgewonde om binnekort ’n nuwe joernalis in ons Bela-Bela-kantoor te verwelkom.

Lynette Strydom lê einde vandeesmaand die leisels neer as onderwyser by Hoërskool Warmbad om haar passie in die joernalistiek na te jaag.

Sy is van Woensdag 1 November nie net joernalis nie, maar sal ook ’n belangrike rol speel in die skep en ontwikkeling van die koerant se digitale platforms.

Lynette het ’n graad in kommunikasiekunde en ’n BA Honneursgraad in kommunikasiebestuur aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus behaal.

Sy beskryf haarself as ’n analitiese denker wat daarvan hou om oplossings te vind vir uitdagings wat oor haar pad kom. Sy sien daarna uit om weer te skryf en hou ook daarvan om met mense te werk en deel van ’n span te wees.

In haar vrye tyd geniet sy die mini-kanarie- boerdery wat sy begin het en hou ook daarvan om te verf en met klei te werk.

Related Articles

Back to top button