Local news

Planne vir museum op die tafel

Daar is planne op die tafel vir die moontlikheid van ’n kultuurhistoriese museum in Bela-Bela.

Johan van Niekerk van die organisasie Bela-Bela Heritage vertel hy en ander belanghebbendes het op Dinsdag, 12 Oktober met Nkhagwele Siliga, hoof van beplanning en ekonomiese ontwikkeling by die Bela-Bela-munisipaliteit, vergader. Die vergadering is deur Andries van der Heyde, DA-raadslid, gereël.

Van Niekerk sê Siliga is baie toeganklik en het die voorstel van ’n museum ondersteun. Hy het self talle voorstelle gemaak en insette gelewer om die projek van stapel te stuur.

“Hy het sy steun gegee en beloof om ’n opvolgvergadering te reël waarby die hoofde van ander departemente soos kuns, kultuur en toerisme ook betrek sal word.”

Van Niekerk meen daar is nog baie werk wat voorlê, maar dié vergadering was die eerste stap in die regte rigting.

Related Articles

Back to top button