Local news

Bruyns-gesin verhuis Kaap toe

Ds. Andrew Bruyns van die Evangelies Gereformeerde-gemeente in Modimolle en sy gesin verhuis eersdaags nadat hy ’n beroep na die Helderberg-gemeente in die Wes-Kaap ontvang het.

Die gesin het vier jaar lank in Modimolle gewoon nadat hulle van die Hartebeespoort-gemeente beroep is.

“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir die wonderlike jare wat ons deel kon wees van hierdie stukkie Bosveld en sy mense. Dit was vir ons ’n voorreg om hier te bedien. Ons eer die Here vir die geleentheid wat ons gehad het om in Sy akker te arbei,” het Jeanne Bruyns gesê.

“Baie dankie aan elke gemeentelid en besoeker wat saam met ons die Here gedien het. Dankie ook aan die skole, beheerliggame en personeel waarmee ons so nou kon saamwerk. Ook ’n groot dankie aan ons medeleraars van die dorp dat ons telkemale saam kon bid en lekker saam kon werk. Ons gebede vir die dorp en sy wonderlike mense sal beslis nie ophou nie,” het sy gesê.

Die gemeente het op hul beurt die gesin voorspoed toegewens vir die nuwe hoofstuk wat hulle aanpak.

“Ons as gemeente, gemeenskap en vriende bedank elke lid van die gesin vir die verskil wat hulle gemaak het. Julle het diep in ons harte ingekruip en ons sal julle baie mis. Dankie vir die voorbeeld wat julle stel om te luister wanneer God praat. Ons haal ons hoed af vir julle en weet die Here sal julle ryklik seën. Alle voorspoed.”

Related Articles

Back to top button