Letters

Brief: Dié mense maak dit lekker om hier te woon

"Vanoggend staan hy voor my huis en laai die gereedskapkas met al sy inhoud af en wil geen vergoeding daarvoor hê nie!"

Jacques de Beer, Modimolle, skryf:

Ek wil graag vertel van die goeie mense wat hier in Modimolle woon.

Ek het so paar weke gelede die waentjie gehaak en nie besef my werker se gereedskapkas is bo-op nie. Ons het die kas êrens verloor.

My foon lui vanoggend en dit is Sarel Breytenbach wat sê hy soek nou al weke lank na my. Hy het my daardie oggend probeer agterna sit, maar sonder sukses. Hy het op Facebook geplaas dat hy na my soek — ook sonder sukses. ’n Plaaslike sakeonderneming het vermoed dit is dalk myne en het vir hom gesê hy moet my kontak. My werker se naam was op die kas.

Vanoggend staan hy voor my huis en laai die gereedskapkas met al sy inhoud af en wil geen vergoeding daarvoor hê nie!

Baie dankie, jy maak Modimolle ’n lekker plek om in te woon.

Related Articles

Back to top button