EntertainmentLifestyleLocal LifestyleLocal news

Leesavontuur wag vir Waterbergers met nuwe boeke

As ’n mens na die weerberigte kyk, wil-wil dit lyk asof die Bosveld se reën op pad is.

Wat is dan nou beter as om op ’n reënerige dag in die bed te klim met ’n goeie boek?

Die Leeskring in Modimolle se nuwe boeke op hul rakke sluit in Rassie: Stories of Life and Rugby deur Rassie Erasmus, Ons Skulde deur P.P. Fourie, Elders van Ernst Grundling, Maalkolk van Marie Lotz, Laaste Kans van Marita van der Vyver, Gebeente van Ettienne van Heerden, Kwaaiwater van Irna van Zyl, In die Skaduwee van die Paarlberg deur Elsa Winkler en verskeie nuwe boeke deur Madelein Rust.

Engelse boeke sluit in Blind Tiger van Sandra Brown, The New Wife van J.P De Laney, The Armour of Light van Ken Follet, Holly van Stephen King, Cult van Camilla Lackberg, Clean Kill van Stephan Leather en Vendetta van Tony Park. Nog op die rakke is Encore in Death van J.D. Robb, Identity van Nora Robberts, Beneath Dark Waters van Karin Rose en Testament van Wilbur Smith.

Die Leeskring is op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 oop en van 14:00 tot 17:00. Boeke kan geleen word teen R10 per boek. Hulle is in Steve Tshwetestraat 13 (die ou Hospitaalstraat).

Bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

Related Articles

Back to top button