Local news

‘Brand is munisipaliteit se skuld’ sê BBV

"Die vure is die nalatigheid van die munisipaliteit wat nie hul wetlike pligte nagekom het nie."

Die Waterberg was wéér die afgelope naweek aan die brand met die Zwartkloof-natuurreservaat, Highlands en Lekker Breek wat verlede Sondag 1 Oktober in ligte laaie was.

Sowat 60 brandbestryders het deurnag verbete geveg om die vlamme, wat deur die sterk wind vinnig versprei is, onder beheer te bring.

Arnaud le Roux, ondervoorsitter van die Bela-Bela Brandbeskermingsverening (BBV), sê groot skade is aangerig. Hy lê die blaam vir die brande voor die deur van die munisipaliteit.

“Die brand het op die munisipaliteit se grond in die berge ontstaan. Die vure is dus die nalatigheid van die munisipaliteit wat nie hul wetlike pligte nagekom het om voorsorg te tref nie. Die munisipaliteit is nie lid van die brandbeskermingsvereniging nie en het ook geen brandbane in plek soos deur die wet bepaal nie. Die eienaars wat grond rondom die munisipale grond besit, maak brandbane.”

Volgens Le Roux het die brand Sondagoggend op die munisipaliteit se gronde in die berge ontstaan en die wind het dit aangejaag na Lekker Breek. Ons het alles in plek gehad om die vuur te keer. Die brandspanne het dadelik begin werk.

Die vlamme is vandaar deur die wind aangejaag tot in Highlands en het ook na Zwartkloof-natuurreservaat gespring. By Zwartkloof moes al die inwoners laatnag hul huise ontruim. Die hooflodge met sy chalets het alles afgebrand. Die skade beloop na verneem word sowat R35 miljoen.

Op Highlands het ’n huis en ’n stoor in die slag gebly en die infrastruktuur het skade opgedoen.

“Die veggees van die brandspanne was noemenswaardig. Die drie spanne van Working on Fire, vrywilligers en twee helikopters vanaf Tzaneen wat Maandagmiddag ingespan is, het die vlamme danksy harde werk en ’n geordende wyse, onder beheer gebring. Danksy goeie voorsorg, brandbane en voorbereiding is verdere skade beperk.”

Jeedee Cloete, wyksraadslid van die Vryheidsfront Plus, was soos met die vorige brande op sy pos om te help met onder meer die koõrdinering van kos en drinkgoed vir die brandbestryders, asook verblyf vir van die inwoners wat hul huise moes ontruim.

“Dit is nou skoolvakansie en baie vakansiegangers moes noodgedwonge die pad huis toe aandurf. Dit is hartseer om te sien,” het hy gesê.

Boere langs die R101 tussen Bela-Bela en Modimolle het ook Sondag noodoproepe gemaak om vir hulp te vra om brande te bestry, terwyl Mookgophong ook deurgeloop het onder die vlamme.

Terwyl daar oral in die Waterberg vlamme uitgewis is, het die personeel op Mabalingwe en ook ander oorde hul skade begin bereken.

Aliscia Wessels van Mabalingwe sê hulle is oorweldig deur die talle voerskenkings wat ontvang word en daar word ook vir die aangrensende oorde en plase daarvan uitgedeel. Dit word met dankbare harte ontvang.

Die familiepretplaas, Inglilozi, het ook heeltemal afgebrand. Inglilozi se bestuur sê in ’n verklaring hulle is tans afhanklik van voerskenkings en donasies omdat die weiding afgebrand het.

Gelukkig het net ’n klein presentasie van die diere in die brand omgekom.

Die Pos het die Bela-Bela munisipaliteit genader om kommentaar oor die bewering dat die brande op munisipale grond ontstaan het.

(Lees Peter Moloto, munisipale woordvoerder, se kommentaar onder.)


‘This is not true’

‘As the Bela-Bela Municipality, we are concerned about the recent wild veld fires which have affected not only Zwartkloof but the greater Mabalingwe and surrounding areas.

We record that it is unfair to cast aspersions on the Municipality without factual evidence of what caused the fire in the first place. It is further irresponsible to decide who is to blame for the fire without having conducted a proper investigation to look into the cause.

Peter Moloto, munisipale woordvoerder.

We are of the view that such averments without the presence of any evidence are simply tactics to apportion blame. This approach is not only anti-progressive but divisive as it does not bring the parties together to work on a common goal of finding solutions to the problem as well as to ensure that adequate measures are put in place to avoid future incidents of this nature.

Having said the above, the Municipality accepts in the strongest possible terms the irresponsible remarks of the vice chairperson and unequivocally denies that the fire started on Municipal grounds.

As already mentioned above, we have experienced several wildfires within our area in recent times and as such the Municipal Council has resolved to declare a local state of disaster in terms of the Disaster Management Act, 57 of 2002.

The main purpose of this declaration is to ensure that this issue of wild veld fires is being tackled decisively by the Municipality.

The Municipality remains committed to resolving this matter for the benefit of all residents and ratepayers.’

Related Articles

Back to top button