Local news

Roosfees bied kleur en pret

Oktober is die mooiste maand wanneer bome soos die pers jakarandas bot en blomme in allerlei kleure hul verskyning maak.

As jy van ’n kleurprag hou, is ’n uitstappie na Ludwig’s Roses net buite Pretoria die moeite werd.

Die roosfees op dié plaas is nog tot Sondag 8 Oktober aan die gang en toegang is gratis.

Daar is die mooiste variëteite in alle vorms, kleure en geure.

Rose is een van die oudste blomme en volgens argeoloë het hulle op roosfossiele afgekom wat 35 miljoen jaar oud is.

Vandag kan ons kies en keur tussen die mooiste kleure van sneeuwit, pastel pienk, dieprooi of helder geel.

Baie van die rose is ook na bekendes en beroemdes vernoem.

Related Articles

Back to top button