Letters

Brief: Baie dankie aan dié Samaritane

Twee jong mense het gesien dat daar fout is en soos twee ware Samaritane aangebied om hulle te help.

Engela de Beer, Kokanje-aftreeoord, Modimolle, skryf:

Die familie van die bejaarde egpaar wat bietjie verdwaal het toe hulle van Hartbeespoortdam na Modimolle gereis het, wil net baie dankie sê aan die twee besorgde jongmense wat tot hulle redding gekom het.

Hulle het nie net nuwe padaanwysings gegee nie, maar die egpaar veilig by hul bestemming besorg.

My man en sy twee broers, met hul gades, sou mekaar by die Mabula-wildreservaat ontmoet het. Op pad daarheen het Dawie en Lenie de Beer egter ’n verkeerde afdraai geneem en ná baie kilometers besef hulle het verdwaal. Hulle was op pad in Mookgophong se rigting.

Twee jong mense het gesien dat daar fout is en soos twee ware Samaritane aangebied om hulle te help. Hulle het al die pad saam met die egpaar tot by Mabula se hek gery om seker te maak dat hulle veilig daar aankom.

Ek sal graag met hulle wil kontak maak om hul self te bedank. Haar kontaknommer is 072 239 6824.

Related Articles

Back to top button