Letters

Brief: Geen einde aan Mogalakwena se korrupsie nie

Die betaling van R7 miljoen is na verneem word nie deur die munisipale raad goedgekeur soos wetgewing bepaal nie.

Marcelle Maritz, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -LPW en provinsiale leier: Limpopo, skryf:

Met dienslewering wat by die dag agteruit gaan en finansiële wanbestuur aan die orde van die dag, wil dit voorkom asof daar geen einde aan korrupsie by die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) in sig is nie.

Dit kom nadat die burgemeester, Ngoako Taueatsoala, verlede Vrydag 29 September ’n bedrag van R7 miljoen laat betaal het om te keer dat dié munisipaliteit se bates opgeveil word.

Die hooggeregshof in Polokwane het die bevel toegestaan aan ’n diensverskaffer wat vir verskeie projekte aangestel was.

Die betaling van R7 miljoen is na verneem word nie deur die munisipale raad goedgekeur soos wetgewing bepaal nie.

Dit is vir die party kommerwekkend dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas is, maar korrupte optrede steeds voortgaan.

Die uiteindelike slagoffers is die belastingbetalers wat nie die dienste kry waarvoor hulle betaal nie.

Daar sal nou indringende ingryping moet plaasvind.

Inwoners van Mogalakwena verdien beter as die ANC.

Related Articles

Back to top button