Schools

Warries groet hul Matrieks 2023

Hoërskool Warmbad het op Donderdag 28 September spoggerig van hul matrieks afskeid geneem by New Beginnings buite Bela-Bela.

Inwoners het die geleentheid gehad om die pragtige uitrustings en spogvoertuie by die aankoms te sien.

Anuschka Combrink en Xander Smith het behoorlik die kollig gesteel met hul aankoms in ’n spoggerige vintage blou Ford-bakkie. Anuschka se sjampanjekleurige rok was nousluitend en van bo na onder met fyn blomme geborduur. Xander het ’n avant garde uitrusting in swart en wit linne gedra.
Gunther Jooste en Ziali Pienaar was ’n elegante paartjie by die afskeid. Ziali het die material vir haar bostuk reeds in gr. 8 gekoop.
Mopedi Ramokgopa and Mahlatsi Sathege elegantly dressed in black statement outfits.
Masego Molekwa, with her partner, was a vision to behold in her stunning purple gown.
Daniel Verster, die Warries se hokkiespeler wat Sondag na Spanje vertrek het om mee te ding, het die gaste op die pawiljoen na hul asems laat snak met haar elegante smaraggroen rok. Haar metgesel, Ruben Veldsman, het ’n bypassende groen sydas gedra.
Palesa Ramaboka in her beautiful flattering deep orange dress made a statement on the runway. Her partner was elegantly dressed in a stylish black suit.
Isabel Schoeman in ’n deftige nousluitende smaraggroen skepping en JJ Herbst in ’n modieuse pak met bypassende groen das het die aand terdeë geniet.
Die hoofseun van 2023, Neil du Plessis, het stylvol gelyk in sy donker pak terwyl sy metgesel ’n elegante nousluitende uitrusting in ivoorkleur gedra het.
Michael Carr en Tarien Pelser het behoorlik die koppe laat draai. Michael het spoggerig gelyk in sy donkergrys pak en silwer onderbaadjie terwyl die meisie aan sy arm ’n wasige skepping in silwergrys met die mooiste pienk kant onder gedra het.

Related Articles

Back to top button