Home & GardenLocal LifestyleLocal news

Erf-sage by oord uiteindelik verby

Inwoners van Hide Away Estate op die Eersbewoond-pad buite Bela-Bela sal eersdaags voltitel tot die erwe waarop hulle woon kan bekom.

Dit volg ná ’n lang proses om dorpstigting af te handel.

Die Pos het verlede week berig dat inwoners wat erwe daar gekoop het, jare lank al bekommerd is oor die titels van die erwe en of hulle in staat sal wees om hul huise te kan verkoop.

“Hulle het nie die erwe gekoop nie, maar gehuur en verbeterings daarop aangebring, het Philip van den Heever”, eienaar, gesê.

Inwoners huur sedert 2011 erwe in dié vakansieoord en het huise opgerig. Hulle kommer het ontstaan nadat hulle besef het dat dit die oord as landbougrond gesoneer is.

“Die huidige huurders, asook nuwe kopers, sal ná die dorpstigting hul erwe kan koop en voltitel daartoe kan bekom,” het Van den Heever bevestig. Hy is ontsteld omdat van die inwoners self van die diegene was wat teenkanting teen die dorpstigting gebied het wat die proses vertraag het”, het hy gesê.

’n Hooggeregshofbevel wat in Junie vanjaar uitgereik is, bevestig die sonering van die oord van “landbou” na “spesiaal”. Ingevolgde die hofbevel is hulle by magte om 100 residensiële erwe uit te lê. Daar is tans net meer as 70 wooneenhede. Nuwe uitbreidings en verbeteringe is onlangs by die oord aangebring.

Volgens Van den Heever was daar geen hofsake rakende koopkontrakte nie. ’n Dispuut jare gelede tussen ’n huurder en ’n persoon wat sy verbetering wou verkoop, is toe reeds opgelos, het hy gesê.

Related Articles

Back to top button