Letters

Brief: Herstelprojek aan R519-pad verwelkom

Ná volgehoue druk van die VF Plus op provinsiale vlak, het die agentskap op Maandag 18 September sy herstelprojek geloods en is die projek aan die kontrakteur oorhandig.

Marita Louw, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -raadslid: Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, skryf:

Die VF Plus verwelkom die Limpopo-padagentskap (RAL) se beplande herstelprojek aan die gehawende R519-pad (P134/2) tussen Mookgophong en Roedtan in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit (Modimolle, Mookgophong, Roedtan, Alma en Vaalwater).

Die VF Plus-lid in die provinsiale wetgewer in Limpopo, Marcelle Maritz, het vroeër vanjaar ’n lys van al die gehawende paaie in die provinsie aan die padagentskap gestuur en versoek dat beplanning aan die herstel van die paaie bekend gemaak word.

Luidens die agentskap se terugvoer verslag op Woensdag 2 Augustus, was die herstel van die R519-pad se ontwerpe voltooi en die projek was in die aanvanklike stadiums van implementering.

Ná volgehoue druk van die VF Plus op provinsiale vlak, het die agentskap op Maandag 18 September sy herstelprojek geloods en is die projek aan die kontrakteur oorhandig.

Sowat R19 miljoen is begroot vir fase 1 van die projek in die 2023/24-finansiële jaar.

Fase 1 van dié projek behels die voorkomende instandhouding van die eerste 3 km en sluit onder meer die volgende in: die skoonmaak en hervorming van bestaande dreine, die konstruksie van gevoerde dreine, geute, inlaat- en uitlaatstrukture, die rekonstruksie van skouers en hervorming van bestaande skouers en die aanbring van padmerke, padtekens en algemene afwerking.

Die VF Plus sal die vordering van die herstelwerk deurgaans moniteer.

Related Articles

Back to top button