Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Wêreldbeker-rugbyreeks is in volle swang in Frankryk en duisende Suid-Afrikaners sit elke naweek vasgenael voor hul televisiestelle om die Springbokke in aksie te sien. Hierdie leerders van Klein Pikkewyn Kleuterskool in Bela-Bela is getroue ondersteuners van die Springbokke. Die patroontjie voor is Gabie Ackermann (8 maande). Die manne wat so flink die bal uitgee is Barend Robbertse (5) en Logan Vorster (5) en albei speel self bulletjierugby.

Die tweede seunstennisspan van Laerskool Nylstroom het ook hulle liga gewen. Hulle is Anton Badenhorst, Johan-Louis van Biljon, afrigters Tanya Grobler en Danita van der Merwe, Johan van Zyl en Christiaan Laubscher.
Die eerste seunstennisspan van Laerskool Nylstroom het hul liga vanjaar gewen. Hulle is Rudolph Kirstein, Dirk Nortman, afrigters Tanya Grobler en Danita van der Merwe, Ruben Lourens en AB de Villiers.
Laerskool Nylstroom se eerste meisiestennisspan is vanjaar die naaswenners in die Waterberg. Hulle is Rolande Kirstein, Arné Oosthuizen, afrigters Tanya Grobler en Danita van der Merwe, Lize van der Walt en Carla Erasmus.
Laerskool Nylstroom se tweede span meisiestennisspelers was vanjaar die Waterberg-ligawenners. Voor is Nicola van Zyl en Gabby Bruyns. Agter is Aluchia Smal, afrigters Tanya Grobler en Danita van der Merwe en Sioné Lourens.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button