Local sport

Pret uit die boonste rakke

Kaskarresies, waterspeletjies en selfs tweebeenresies was alles deel van ’n heerlike pretdag wat verlede Donderdag 21 September by Forever Resort in Bela-Bela gehou is.

Laerskool Warmbad het vanjaar hul jaarlikse kaskarpretdag vir die eerste keer by dié gewilde oord gehou en die leerders het hulself terdeë geniet.

Leerders het vroegoggend in klasverband aangetree, getooi in die kleure en versierings van die lande wat hulle verteenwoordig. Daar was die helder geel T-hemde van Australië, Italië se leerders in rooi, wit en groen, Argentinië en selfs Samoa en Chili wat kleurvol uitgebeeld is. Dan was daar ook die busbestuurders in groen en die sekuriteitspan in swart wat aandag getrek het.

Die leerders het by verskillende “stasies” aangedoen waar daar onder meer kaskarresies gehou is en emmers met water agtertoe oor hul koppe aangestuur moes word.

Ná afloop van die oggend se speletjies kon almal in die swembaddens gaan afkoel en ook smul aan heerlike hamburgers en drinkgoed om die dors te les.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button