Local news

Hartseer vakansiegangers terug huis toe ná brand

Talle vakansiegangers wat hul langnaweek by die Mabalingwe Wildreservaat kom deurbring het, is op pad terug na hul huise.

Talle vakansiegangers wat hul langnaweek by die Mabalingwe Wildreservaat kom deurbring het, is op pad terug na hul huise.

Dit volg ná ‘n veldbrand op die berg naby die reservaat gistermiddag buite beheer geraak het en brandbestryders steeds sukkel om die vlamme te blus.

Jeedee Cloete, raadslid van die Vryheidsfrond Plus, het vanuit sy voertuig laat weet dit is hartseer om soveel Gauteng motors van besoekers op die pad teë te kom.

Die oord word steeds ontruim.

“Heelwat huise het al in die slag gebly”, het Cloete gesê.

Cloete is met ‘n bakkievrag vol kos koeldrank en water na die reservaat.

Besighede en inwoners van Bela-Bela het blitsvinnig saamgespan om te help waar hulle kan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button