Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Euphorbiaskool in Mookgophong is trots op hul fietsryers wat in die Limpopo-skole fietsryspan opgeneem is. Hier is Herlo Genis, Shani Botha en Michiel Genis wat op Saterdag 16 September in Klerksdorp aan die interprovinsiale-byeenkoms gaan deelneem.

Die eerste krieketspan van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong speel vanjaar uithaler krieket. Hulle het op Saterdag 12 Augustus teen Hoërskool Ellisras te staan gekom. Die Hansie-kolwers het behoorlik kolf geswaai en die wedstryd met 71 lopies gewen. Hierdie span is reg vir die seisoen wat voorlê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button