Local sport

Jukskeispanne keil mekaar op

Die Limpopo-jukskeiliga het op Saterdag 9 September by die Tarentaleklub se bane op Mokopane afgeskop.

Die spelers het vroegoggend in goeie gees begin om te kyk of hulle die pen kan tref. Die spanne wat deelgeneem het, was die Tarentale, Soutpan, Pietersburg, Voetstoots, Naboom, Die Oog en ook ’n span van Bela-Bela.

Die A-afdeling is gewen deur die Tarentale en die B-afdeling se wenners was die span van Die Oog. Die C-afdeling is deur die Naboomspan gewen.

Helena Marais van die Tarentale met die B-afdeling se wenners Johan Kleingeld, Jan Ludick, Fanie van Zyl en Willie Jonker van Die Oog.
Naboom se span wen die C-afdeling. Hier is Helena Marais wat die oorhandiging behartig het, saam met Lindi Schoonwinkel, Louise Nel, Ian van Deventer en Justin van Deventer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button