Crime

Vrou weer in hof ná beroepsjagter se dood

Die vrou van beroepsjagter Botes van der Merwe (46) het vandeesweek weer in die hooggeregshof in Polokwane verskyn op aanklag van moord en diefstal.

Chrisna van der Merwe word daarvan aangekla dat sy haar man op 11 Desember 2018 in die badkamer van hul huis op die Koro Creek-gholflandgoed in Modimolle doodgeskiet het. Daar is voorheen berig dat die egpaar saam met Botes se oudste dogter en een van haar vriendinne gekuier het. Hy en Chrisna is blykbaar laataand kamer toe, waarna skote afgevuur is.

Botes se dogter Celiné het hom in die badkamer met skietwonde aangetref. Chrisna was in die slaapkamer langsaan met ’n maagwond. Sy is per helikopter na die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion geneem vir ’n noodoperasie.

Die diefstalklag het gevolg nadat R141 000 glo tien dae ná Botes se dood uit sy onderneming, Botes Hunting Safaris, se rekening onttrek is. Volgens Chrisna het sy dit aangewend om haar nodige lewenskostes te dek.

Polisiebeamptes wat op die toneel was en sielkundiges van Thabamoopo Psigiatriese Hospitaal waar sy vir evaluering was, het Maandag en Dinsdag getuig. Die polisiebeamptes het onder meer getuig oor hoe hulle die toneel gekry het, waar die vuurwapens en koeëldoppies gelê het en bloedmerke wat gevind is.

Volgens die ondersoekbeampte, AO. Ciska Kruger, sal die saak ná vandeesweek weer in Oktober voortgaan met die staat wat hul saak dan afsluit.

Van der Merwe word deur adv. Piet Pistorius verteenwoordig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button