Letters

Brief: TLU SA Kongres 2023 beloof om rigtinggewende koerswyser te wees

Die geskiedkundige verbintenis is iets wat ons koester.

Bennie van Zyl, TLU SA- hoofbestuurder, skryf: 

TLU SA is besig om die finale reëlings te tref vir die jaarlikse kongres wat vanjaar op Woensdag 6 September by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasvind.

Dit is vir ons, as oudste landbou-organisasie in Suid-Afrika, ’n groot voorreg om vanjaar ons kongres op hierdie besonderse terrein aan te bied. Die geskiedkundige verbintenis is iets wat ons koester.

TLU SA en die Voortrekkermonument het gesamentlik op 16 Februarie 2022 ’n boom in die Trekroete-tuin by die Bloukrans-monument geplant ter herdenking aan diegene wat in die nag van 16 en 17 Februarie 1838 by Bloukrans en Weenen vermoor is, asook vir die slagoffers van plaasmoorde en landelike geweld in eie konteks. TLU SA nooi besoekers om dié terrein te besoek.

Vir ons simboliseer die boom lewe en straal dit ook groeikrag en daadkrag uit met die daaglikse benutting van lewegewende vog vanuit diep geankerde wortels. Net so is ons boere diep geanker, ten spyte van plaasmoorde wat gesinne, plase en gemeenskappe se lewens onomkeerbaar verander, en put hulle krag uit hulle vaste geloof om hulle kultuuropdrag uit te leef.

Vanjaar se kongrestema is: “Die vier seisoene van landbou”. Dit verwys nie net na die uitdagings van die fisiese veranderende seisoene nie, maar ook die geestelike, moderne en politieke uitdagings wat landbou beïnvloed. Die wisseling wat met die seisoenale skommelinge in landbou deel van die dag tot dag bestuur is het ons boere geskool om ook op ander terreine die uitkoms aan die anderkant van die vernietigende aanslae wat die lewe projekteer, betyds raak te sien en om dan daarop te fokus.

TLU SA bly toekomsgerig met die wete dat ons rentmeesters van die grond is en dus eintlik boer vir ons nageslag. Daarom word die toekoms ontgin gegewe die lesse wat ons vanuit die verlede en die hede geleer het.

Wanneer ons by die boom in die Trekroete-tuin staan word mens telkens stil oor die offer wat die mense wat voor ons hier was gebring het. Mense wat nie net op die landbouterrein presteer het nie, maar ook op alle ander terreine geskep en gebou het, is die resultaat van ’n volk wat die verantwoordelikheid aanvaar van wat die lewe van ons elk vereis.

Ons boere moet juis, gegewe die werklikhede van vandag, erkenning ontvang vir die rol wat hulle speel. Kommersiële boere is inderdaad die grootste bate waaroor ons land beskik en ons moet hulle koester.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button